- Dr C. van der Waal
Die vyf artikels teen die Remonstrante vertaal en toegelig!
(DBU publikasie)
R150
- Dr. Johann le Roux
Die Nederlandse Geloofsbelydenis is een van die belydenisskifte van die Gereformeerde kerke. In dié belydenisskrif word die Gereformeerde leer op 'n tetiese wyse uiteengesit. Dit is daarom 'n baie waardevolle geskrif wanneer iemand met die Gereformeerde leer op hoogte wil kom. Hierdie boekie is 'n poging om die belydenisskrifte meer toeganklik te maak deur dit analities op 'n grafiese wyse uiteen te sit. Op verskeie plekke moes van die presiese bewoording afgewyk word van die logiese uiteensetting. Aan die betekenisinhoud van die belydenis, is nie verander nie.
Die bedoeling van die boekie is nie om 'n wetenskaplik verantwoorde studie daar te stel nie, maar bloot om 'n hulpmiddel aan te bied vir enige persoon wat op hoogte met die Gereformeerde leer soos uiteengesit in die Nederlandse Geloofsbelydenis wil kom.
R65
- Dr. Johann le Roux
Oor die leer van die uitverkiesing was daar gedurende die 17e eeu ernstige verskil in die Gereformeerde Kerke in Nederland. Die verskille het by die Sinode van Dordrecht (1618/19) uitgeloop op die Dordtse Leerreëls of die Vyf artikels teen die Remonstrante. Die belydenisskrif is die uiteensetting van die Gereformeerde leer oor die verlossing van die gevalle mens. Die uitverkiesing, die werk van Jesus Christus, die verdorwenheid van die mens en sy bekering tot God en die volharding van die gelowiges kom aan die orde. Na die uiteensetting van die suiwere leer, word telkens die dwalings weerlê. Hierdie uiteensetting van die Dordtse Leerreëls is bedoel as hulpmiddel om die belydenisskrif makliker te kan verstaan. Dit word nie aangebied as 'n wetenskaplike studie nie, die Dordtse Leerreëls self word ontleed en grafies uiteengesit. Sover moontlik is die bewoording van die Dordtse Leerreëls self gebruik, maar ter wille van logiese opbou, moes hier en daar daarvan afgewyk word, maar die betekenis word nie verander nie.
R100
- Dr. Johann le Roux
Die Heidelbergse Kategismus is teeds vir jare 'n belangrike bron vir die onderrig van verbondskinders of vir enige persoon wat op hoogte met die Gereformeerde leer wil kom. Om die kategismus goed te ken, hou besliste voordel in vir 'n mens se geloofslewe. Baie vrae wat in die loop van tyd in jou gemoed ontstaan, kan uit die Kategismus beantwoord word. In 'n poging om die Kategismus makliker toeganklik te maak, word dit hier ontleed en op 'n grafiese wyse voorgestel. Sover moontlik word die direkte bewoording van die Kategismus self gebruik. Soms sord dinne effens aangepas ter wille van die logika in die uiteensetting. Bysinne moes hier en daar byvoorbeeld hoofsinne gemaak word. Leidende vragies is oral bygevoeg. Die bedoeling van hierdie boekie is nie om 'n wetenskaplik verantwoorde studie aan te bied nie maar bloot om 'n hulpmiddel vir die bemeestering van die Kategismus daar te stel.
R100
– Ds. PG Boon
Padkaart vir elke dag is ʼn speurtog deur die Bybel aan
die hand van die Nederlandse Geloofsbelydenis (NGB). Die Nederlandse
Geloofsbelydenis is in 1561 geskryf, na alle waarskynlikheid deur Guido de
Brès. Hy het enkele jare daarna as ʼn martelaar gesterf in die suidelike
Nederlande, teenwoordig bekend as België (vandaar die Engelse naam Belgic
Confession). Die NGB is in die dekades daarna deur die Gereformeerde kerke in
die Nederlande as ʼn amptelike belydenis aanvaar. Vandag dien die NGB as amptelike
belydenis van Gereformeerde kerke reg oor die wêreld, ook in Suid-Afrika.
Ongelukkig is dit ʼn feit dat baie lidmate nie daarvan bewus is nie. Een van die
hoofredes daarvoor is dat voorgangers amper nooit meer aan hulle kerk se
belydenisskrifte aandag skenk nie. Padkaart vir elke dag wil u in ʼn jaar se tyd
vertroud maak met die Nederlandse Geloofsbelydenis. Dit is my bede dat die
leser sal agterkom hoe aktueel hierdie belydenis nog steeds is. Dit dien nog
steeds sy doel, naamlik om lesers terug te bring na wat die Woord van die Here
sê. Ons mag leer van vorige generasies. Christus het in hulle tyd sy kerk
bewaar en uitgebou. Die Bybel is die boek wat die grootste invloed op die
Westerse wêreld gehad het. Sonder die Bybel sou die voorspoed en stabiliteit
van die Weste nie daar gewees het nie. Hoe kon dit gebeur het? Omdat generasie
na generasie eeue lank elke dag die Bybel oopgemaak het en as rigtinggewend
beskou het vir hulle alledaagse lewe. Dit is dan ook die bedoeling van hierdie
dagboek: om die leser daartoe te bring om elke dag sy Bybel oop te maak.
(DBU publikasie)
R375