Jesus stel homself bekend
- Rob van Houwelingen
Hierdie boekie gee 12 indrukke van die "Ek is"-uitsprake soos dit voorkom in die Evangelie van Johannes.
Illustrasies deur Aldert L. Visser.
R10
- Ds. JR (Rob) Visser
Hierdie boekie bevat Bybelstudies vir jongmense oor 10 Psalms waarin bespreek en uitgelê word wat die Here in hierdie 10 Psalms sê. Die bedoeling hiervan is om deur verdere bespreking nog meer van die rykdom van hierdie Psalms en ook God se Woord raak te sien. Vrae vir bespreking is ook ingesluit.
Laat ons steeds weer met liefde God se Woord lees. As ons so in geloof lees, leer ons om Christus in liefde as ons God en Koning te omhels. Laat die lees van hierdie Bybelstudies daartoe dien dat ons die Seun kus (Ps. 2:12), en ons liedere in Christus se diens stel.
Psalms in hierdie boekie bespreek is:
Psalm 1, 2, 3, 11, 24, 84, 88, 125, 130, 131
(DBU publikasie)
R70
Die Psalms sing van Christus
- VE d'Assonville
Die Psalms van die Ou-Testament is 3000 jaar oud. Die Christelike kerk sing dit reeds 2000 jaar lank. Die Psalms is profeties. Dit gee in kort die verlede, hede en toekoms van God se heilsgeskiedenis met sy volk. Martin Luther, die groot hervormer, het die Psalmboek ‘n “klein Bybeltjie” genoem. Nog onlangs (in die jaar 2000) is dit in die boek Het verhaal van de Psalmen deur Sipke van der Land, (Nederlands Bijbelgenootskap) as “het meest geliefde boek” en ” een Bijbel in de Bijbel” getipeer.
Johannes Calvyn, ook ‘n groot kerkhervormer van die 16de eeu skryf in die inleiding van sy reuse kommentaar oor die Psalms vier keer na mekaar dat “daar geen ander boek soos die Psalmboek is nie”. Dit is lewensomvattend. Daarin word alles van die mens se lewe beskryf …
R90
- VE d'Assonville
In die boek Openbaring in die Bybel is daar sewe saligsprekinge. Vir hulle wat die laaste boek in die heilige Skrif lees, is die eerste saligspreking uiters belangrik: “Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby” (Op. 1:3)
Die boek Openbaring word op vyf plekke deur homself duidelik as ‘n profesie beskryf. Met ander woord, dit is enkel en alleen die woorde van God en nie van ‘n mens nie. Hier is absoluut geen plek vir die idees en sienswyses van die mens nie. En God se profesie gaan nie alleen oor die toekoms nie, maar ook oor die verlede en die hede.
R90