Deur sy Woord wys Christus ons die regte pad op alle terreine van die lewe. Laat ons in alles slawe wees van ons Meester, Jesus Christus.
(DBU Publikasie)
R50
Die mensdom is soos ‘n skipbreukeling op die lewensee. In ‘n gebroke wêreld van sonde is die geloof in jesus Christus, die Seun van God, die enigste oorlewingsmoontlikheid. Saam met paulus wat op de skipbreuk na Rome sy mede-reisigers bemoedig het sê ons ook: Hou moed! Vertrou op God! Soos Jesus tot in sy dood deur God bewaar is, so bewaar die Here al sy kinders.
Die Here het nie bedoel dat die wêreld ‘n moeras van wanordelikheid moet wees nie. Jesus, die blink Môrester, lei ons uit die moeras uit en plaas ons uiteindelik op die nuwe aarde waar geen see meer sal wees nie. Ons is op reis na die suiwer rivier van die water van die lewe waar die boom van die lewe in die volle somer staan.
Langs ons lewensweg is daar vandag vele faktore wat 15 00 jaar gelede aanleiding was tot die van van die Romeinse Ryk in 476 n.C. Nogtans behou die gelowige sy vertroue omdat jesus die wêreld oorwin het. Hierdie publikasie wil u gaaag lei onder en na die enigste Lig op ons pad - die Woord van God.
R20