- HF van Wyk
Om verskeie redes het die diens van die diaken sy karakter in ʼn groot mate verloor, veral wat onderlinge verbondenheid en gemeenskaplike maaltyd betref. Die praktyk is baiemaal dat die diaken in ʼn groot mate as “werklose” gesien word, wat net daar is om die bydrae te kollekteer en bloot vergaderings by te woon sonder om veel sê te hê. Hierdie studie wil ʼn bydrae lewer sodat al die lidmate weer kan begryp watter belangrike taak die diaken in die kerk het.
Hierdie handleiding het ten doen dat enige diaken – op enige plek – selfstandig hierdeur kan werk en weet wat die Here van hom as diaken verwag. Bybelstudiegedeeltes hierin vevat het is sodat die diaken selfstandig na die Skrif kan gaan om daar die wil van God te soek.
- Dr. Jan Visser
"Hierdie
probeer voorsien in die behoefte aan ‘n handleiding by die Kerkorde en
is slegs toegespits op die praktiese toepassing van die verskillende
artikels. Hierdie boek moet
dan ook in die bostaande lig beskou en gebruik word. Hierdie boek wil
presies wees wat die titel aandui: die Kerkorde in praktyk. Daarom het
ek nie ingegaan op die Skriftuurlike fundering en die historiese
agtergrond van elke artikel nie. Ook het ek nie dogmatiese,
eksegeties-hermeneutiese en tekskritiese probleme behandel nie. In die
Bylaes kom sekere van hierdie probleme egter wel aan die orde.
Volledigheid is uit die aard van die saak onmoontlik; tog het ek probeer
om die veld van die praktiese kerkregering so volledig moontlik te dek."
(DBU publikasie)
R230